Aetaire Getuigskrifte

Gerhard se storie

Ek sukkel al met sinusitis sedert my skooldae.  Al die jare se besoeke aan dokters, homeopate en die beste ENT spesialiste het geensins gehelp nie.  Geen medikasie, nasale sproei of alternatiewe medikasie het gehelp nie.  Ek het vir 'n aantal jare 'n kombinasie van medisyne gebruik om ten minste snags te probeer slaap, maar selfs toe het ek in die vroeë oggendure wakker geword omdat ek nie kon asemhaal nie.

Toe die verspreidingsagentskap vir die Aetaire my aangebied is, was ek baie skepties oor die produk en het dit aanvanklik nie by die res van ons produkreeks gevoeg nie.  Gedurende Oktober 2011 het ek egter 'n gesondheidskrisis beleef en dit het my laat besluit om een te koop en te kyk hoe dit werk.

Ek het vanaf die eerste nag opgehou om enige medikasie te gebruik en het die volgende oggend volkome verfris wakker geword.  My vrou slaap nou ook beter aangesien ek haar nie meer snags wakker maak met my asemnood nie.

Wanneer ek van tyd tot tyd weggaan van die huis, sukkel ek nog steeds om behoorlik asem te haal en is ek moeg die volgende oggend.  Ek het egter besluit dat die Aetaire van nou af aan saam met my sal reis.


Hanro se storie

Hi Ben,

Baie dankie vir die geleentheid om die Aetaire te gebruik.

Soos jy weet ly Hanro erg aan sinus en kry gereeld sinus “aanvalle” waar hy onophoudelik nies.  Ek wou jou net laat weet dat die Aetaire beslis ‘n positiewe uitwerking gehad het en dat hy geen “aanvalle” gekry terwyl hy dit gebruik het nie.  Hy kon beter asemhaal en sy post-nasale drip was iets van die verlede.

Baie dankie


Nadine se storie

Gedurende Desember 2010 en Januarie 2011 was my seuntjie so siek dat hy byna gesterf het.  Hy was toe maar 21 maande oud.  Die dokters kan tot vandag toe nog nie vir ons sê wat hom makeer het nie en al wat ons wel weet, is dat sy immuniteit op 'n laagtepunt was.

Ons het vir ses weke lank van die een hospitaal na die ander geswerf.  Voordat ons mense kon besoek, of besoekers by ons kon toelaat, moes ons eers seker maak dat niemand enigsins simptome van 'n aansteeklike siekte het nie om te verhoed dat ons seuntjie dit sou kry, want wanneer hy siek geword het, het dit regtig baie sleg gegaan.

Gedurende die tyd dat hy so siek was, het ek aan ons baba dogtertjie geboorte gegee.  Nou het dit nog erger gegaan met 'n pas gebore kind tesame met 'n ander een wat iets makeer, maar niemand weet wat nie. Met almal se slaappatrone wat ontwrig is, het ons boonop gesukkel met 'n kind wat gillend en huilend in die nag wakker geword het.

Gerhard het aangebied om 'n Aetaire tot ons beskikking te stel om te kyk of dit enige verskil aan my kind se gesondheidstoestand sou maak. Ons het dadelik 'n groot verbetering in beide ons kinders se slaapgewoontes ervaar en om net weer 'n nag behoorlik te kon slaap, het soos 'n droom gevoel.  My seuntjie het dwarsdeur geslaap, sy gemoed het baie verbeter en hy is nie meer siek nie.

Ons kan nou uiteindelik weer 'n normale lewe lei.


Johan se storie

Ons het vir ‘n naweek weggegaan en het nie die Aetaire saam geneem nie.

Josephine (8) het met 'n verstopte neus gesukkel en was baie ongemaklik deur die nag. Dinsdagaand, terug by die huis, het sy regdeur geslaap en het die volgende dag baie beter gevoel.

Die Aetaire werk beslis!


Sydney se storie

My naam is Sydney Eaby.  Ek is 52 jaar oud en woon in Villiersdorp in die Wes-Kaap.

Ek het aan chroniese respiratoriese allergie gely sedert ons trek na die Kaap vanaf Kwa- Zulu Natal in 1994.

Simptome het bestaan uit konstante nies, hoes, benoudheid in die bors - tot op die punt dat ek nie kon slaap nie, met brandende oë en ‘n neus wat ek meer moes blaas as enige iemand wat ek al ooit in my lewe ontmoet het.

Ek het elke moontlike oplossing waarvan ek geweet het probeer, anti-histamien (baie verskillende tipes), kortisoon (sproeimiddels en ​​inspuitings), asma pompe (voorgeskryf deur dokter), homeopatiese middels en selfs natuurlike medisyne soos plaaslik vervaardigde heuning. Almal van hulle het ‘n klein bietjie gehelp, maar slegs vir ‘n rukkie.

Dis toe dat ek ‘n Aetaire lugsuiweraar in my slaapkamer installeer. Die resultate was oombliklik!

Ek het die volgende oggend wakker geword met 'n oop bors, geen irritasie in my oë en besef toe dat vir die eerste keer in 'n ​​baie lang tyd, is dat ek wakker geword het sonder dat dit nodig was om my neus te blaas. Ek het gevind dat soos ek die Aetaire se skoon lug deur die nag inasem vir daardie agt ure wat ek slaap, kry ek geen simptome van hooikoors gedurende die dag wanneer ek aan die gang is nie.

Ek was nog altyd baie versigtig en skepties as iemand iets as oplossing vir allergieë aanbeveel - maar sonder enige voorbehoud, beveel ek die Aetaire aan.  Aetaire maak ook daarop aanspraak dat asemhaling van die skoon suiwer lug wat ek inasem terwyl ek slaap, ook in baie ander areas sal help, onder andere dat ek meer energie sal hê.  Ek sien daarna uit om hulle reg te bewys.


Tony se storie

My dogter Liezel Ewels is 'n 3de jaar Bcom Rekeningkunde student aan die Rhodes Universiteit in
Grahamstown.

Vanaf die ouderdom van 2  is sy geneig om Asma-aanvalle te kry en is uiters allergies vir stof myte, katte, stuifmeel ens.  Oor die jare het ons 'n fortuin spandeer op medikasie, maar geeneen het 'n blywende oplossing vir haar probleem gebied nie en is slegs die simptome behandel.  In die 2,5 jaar dat sy in 'n koshuis in Grahamstad gebly het, het ons opgemerk dat binne 12 uur nadat sy by die huis vir vakansie of selfs 'n naweek kom, sy 'n allergiese reaksie kry op wat ons aanvaar stof myte ens. in ons huis is. Dit gebeur sondermeer elke keer as sy by die huis kom, ongeag die seisoen.

'n Paar weke gelede het ek 'n Aetaire in haar slaapkamer geïnstalleer en 5 ure voor haar aankoms dit aangeskakel.  Ek het dit op sy laagste gestel vir 12 ure per dag vir die 4 nagte wat sy by die huis was.  Vir die eerste keer ooit, het sy absoluut geen teken van enige reaksie hoegenaamd gewys nie en sy het self erken dat dit die beste was wat sy nog gevoel het op 'n huisbesoek.  Ek moet aanvaar dat dit die Aetaire steriliseerder is wat die truuk gedoen het.  Sy sien uit na baie meer gesonde tuisbesoeke in die toekoms.


Celéste se storie

Ek het begin September die Aetaire by my speelskooltjie se babaklas laat insit.  In daardie tyd was daar gevalle van Hand, voet en mond virus in die omgang asook ‘n geval van Kinkhoes.  Wonder bo wonder was daar geen ander gevalle in die klas van die Kinkhoes nie, en slegs 1 baba het die hand, mond en voetvirus gekry (Die kabouter het wel ‘n groter sussie wat in ‘n klassie is waar daar nie ‘n Aetaire is nie).  Ek is definitief van mening dat die Aetaire die virusse dood gemaak het of ten minste gehelp het om nie die virus in die klassie te versprei sodat al die babatjies dit kry nie.

Ek is definitief ‘n voorstander van die Aetaire en kan dit regtig aanbeveel.


Dr. Peter Christian se storie

Ek het al jare lank allergieë vir stof gehad. Ek bly in 'n grasdakhuis en het opgemerk dat my simptome beter word wanneer ek 'n paar dae weg is van my huis.

My reaksie op die allergie is dat ek baie vlam in my lugweg produseer tot so 'n mate dat die buise tussen my middeloor en keel geblok word, wat lei tot gehoorverlies.

Ek het die Aetaire in my slaapkamer ongeveer een maand gelede installeer en kan meedeel dat die verligting wat ek van my simptome ervaar ongeveer 70% is en ek sal dit beslis nie van my kamer verwyder nie.